OUDTSHOORN NUUS - Drie gimnaste van die akademie vir tuimel en trampolien op Oudtshoorn het onlangs medaljes ingepalm by die Tuinroete-uitnodigingsgimnastiek- toernooi wat in Mosselbaai gehou is.
Micayla Pillay het 'n goue medalje op die dubbel mini-trampolien verower asook 'n bronsmedalje op die trampolien.
Mia Lombard het brons op die trampolien, sowel as op die dubbel mini-trampolien gewen.
Lume de Koker het brons op trampolien ingepalm.
Volgens hul afrigter, Marthina de Koker, is die Eden-gimnastiekproewe volgende aan die beurt op 23 en 23 Julie in Mosselbaai waarna die Wes-Kaapse kampioenskappe in Kaapstad sal volg.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'