SPORTNUUS - As deel van die sportfees was daar verlede Saterdag 'n groot opkoms van spelers by die dominotoernooi wat by Thusong-sentrum by Bongolethu gehou is.
Die spanne wat deel uitgemaak het van die toernooi was Dragons, Duduza, Eagles, Golden Stars, Lazers, Mighty Warriors, Neppon Warriors, Rebels, Rotweilers, Tornado's, United Warriors, Vikings en Volmoed.
Na die rondomtaliewedstryde het Neppon (56 punte), Dragons (47 punte), Vikings (44 punte) en Mighty Warriors (41 punte) deurgedring na die halfeindrondes.
In die eindronde het Vikings teen Neppon te staan gekom. Hier het Vikings hul teenstander verslaan deur Neppon in een pot (sudden death) ore aan te sit.
Kom ons roer bietjie hierdie domino's.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’