OUDTSHOORN NUUS - Die Groter Oudtshoorn Domino's Summer Cup het op 18 Februarie begin en Rottweilers is tans bo aan die leer met 15 punte. Twaalf spanne vanoor die Oudtshoorn-streek neem aan die kompetisie deel wat einde volgende maand tot 'n einde loop. Wedstryde vind elke Sondag by die Bridgton-sportterrein plaas en enigiemand is welkom om te kom kyk.
Die punteleer is as volg:
- Rottweilers (15 punte
- Eagles (12 punte)
- Smarty Town Giants (11 punte)
- Tornados (10 punte)
- Dragons (10 punte)
- Lazers (8 punte)
- Duduza (7 punte)
- Neppon (6 punte)
- Challengers (6 punte)
- Golden Stars (5 punte)
- Mighty Warriors (1 punt)
- Rebels (geen punte).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’