OUDTSHOORN NUUS - Heelwat jong ryers het Saterdagoggend by Karooboom (30 km buite Oudtshoorn) opgedaag om hul bestuursvaardighede op die nuwe ovaalrenbaan ten toon stel. Hierdie wedrenne het onder die vaandel van die Klein-Karoo Dirty Carting plaasgevind.
Volgens die organiseerder van dié dag, Kobus Rademeyer, beoog hulle om in die toekoms in die 390 Mods, Standard, 270 en 160- klasse mee te ding.
"Baie Kaapse klubs het reeds ingestem dat hulle in April ons volgende wedren by Karooboom se renbaan sal ondersteun. Ons missie is om graag uit te reik na agtergeblewe gemeenskappe en skole om hulle ook aan dié opwindende motorsport bloot te stel. Die karretjies se pryse begin so van R5 000 af.
Sodra Klein Karoo Dirty Carting finansieel sterk is beoog ons om karretjies te borg vir hierdie skole sodat nuwe talent ontgin kan word."
Rademeyer het die publiek en jong ryers aangemoedig om die nuwe baan.
Vir enige navrae omtrent die volgende wedrenne by Karooboom in April kontak Rademeyer by 083 731 7631.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'