OUDTSHOORN NUUS -Langenhoven Gimnasium (Gimmies) en Hoërskool Oudtshoorn (Struisies) se sportspanne (hokkie, skaak, rugby en netbal) het mekaar die afgelope naweek by Gimnasium se sportterrein die stryd aangesê.
Gimmies het in die oorgrote meerdeer-heid van die wedstryde geseëvier wat in goeie sportmangees gespeel is.
Drie hokkiewedstryde is reeds verlede Vrydagaand onders spreiligte by Gimmies se nuwe astrobaan afgehandel met die netbal en rugby en die res van die hokkiewedstryde wat die volgende dag gevolg het.
Daar is ook twee hokkiewedstryde teen Hoërskool Sentraal gespeel.
Die hokkiewedstryde is verlede Vrydagaand onder spreiligte afgehandel.
So het die Gimmie-hokkiespanne gevaar:
- Dogters o. 14A-span wen 8 - 0
- Seuns o. 19A-span wen 2 - 0
- Dogters o. 9A-span wen 2 - 0
- Dogters o. 16A-span wen 5 - 0
- Seuns o. 16A-span 13 - 0
- Dogters o. 16B-span wen 4 - 1
- Dogters o. 19B-span wen Sentraal 2 - 1
- Seuns o. 19B-span wen Sentraal 4 - 0
Die seëvierende Gimmies o.19-A-hokkiespan. Foto verskaf
So het die skaakspanne gevaar:
- Gimmies wen Struisies 3 - 1
So het die Gimmie-netbalspanne gevaar:
- o. 14A-span wen 42 - 7
- o. 14B-span verloor 14 - 17
- o. 15A-span wen 22 - 11
- o. 15B-span wen 29 - 2
- o. 16A-span wen 44 - 1
- o. 19B-span wen 33 - 5
- o. 18A-span wen 46 - 12.
Struisies en Gimmies se netbalspanne in aksie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’