OUDTSHOORN SPORTNUUS - Oudtshoorn se eie Yolande de Villiers het die afgelope naweek ‘n tweede plek by die Swartberg Extreme MTB verower.
Die bergfietsren het ‘n afstand van 142 kilometer beslaan met ‘n klim van 4 500 meter.
Christiaan Janse van Rensburg van Kaapstad was die algehele wenner met Braam Wannenburg wat in die tweede plek geëindig het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'