OUDTSHOORN SPORTNUUS - Oudtshoorn se Yolande de Villiers het die afgelope naweek koning in die damesafdeling gekraai tydens die uitmergelende News24 Karoo Burn-bergfietswedren wat op die uitdagende R355-grondpad plaasgevind het. De Villiers se wentyd was 10 uur, 36 minute en 19 sekondes.
Die News24 Karoo Burn-bergfietswedren beslaan 242 km en strek vanaf Calvinia na Kaleo-gasteplaas naby Ceres.
Wat De Villiers se oorwinning merkwaardig maak, is dat sy ook in die proses algeheel in die sesde plek geëindig het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'