OUDTSHOORN NUUS - Die dansers van Pro Academy in Oudtshoorn wat aan die SA Talent Championships (SATCH) in Johannesburg deelgeneem het, het uitstekend gevaar.
Vyf van die items het gekwalifiseer vir SA kleure en die dansers gaan in Junie 2019 in Dallas, Texas deelneem. Die hele groep het twee silwermedaljes, een goud en een platinummedalje huis toe gebring.
Ian en Marné de Wit het elk 'n silwer- en 'n platinummedalje vir hul duet verower. Chris-Marie Tolken het twee silwermedaljes vir modelwerk verower en Danielle Theron het 'n bronsmedalje vir modelwerk verower.
Ian het ook 'n silwermedalje vir modelwerk en goud in beide sy dans solo's gekry.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'