OUDTSHOORN NUUS - Twee lede van die Jikkaido-karateklub op Oudtshoorn, Sarah-Jane Lewis en Daetania de Laan is verlede week in die Protea-karatespan opgeneem wat vanaf 21 tot 26 Mei in Namibië aan die Afrika Unie Sportraad (AUSC) streek 5 se karatekampioenskappe gaan deelneem.
Die twee het in die verlede gereeld op provinsiale vlak presteer. Volgens Daetania en Sarah-Jane sal dit die eerste keer wees dat hulle in die buiteland sal deelneem.
"Ons kan nie wag om op die vliegtuig te klim en ons beste vir Suid-Afrika te lewer te nie."
Daetania sal in die 0,59 kg deelneem terwyl Sarah-Jane in die 0,42 kg sal meeding. Nog 'n lid van die klub, Geo Bruintjies, is as reserwe gekies, en indien 'n karateka onttrek sal hy outomaties ook meeding in die kampioenskappe.
Sarah-Jane is ook gekies om die Protea-karatespan van 1 tot 7 Julie in Kroasië by die Wêreld jeug karatebeker te verteenwoordig. Karatekas wat gekies is vir die toer sal ook deelneem aan 'n karatekamp in dié land. Koste vir die (AUSC) kampioenskappe in Namibië per karateka beloop R15 000 terwyl die karatetoernooi in Kroasië (Sarah-Jane) sowat R40 000 sal kos.
Persone wat die twee finansieel wil ondersteun kan sensei Avril Maarman by 083 301 6859 kontak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'