OUDTSHOORN SPORTNUUS - Johann Coetzer het Saterdag die 304de Oudtshoorn-parkrun by die Surval-olyflandgoed met 'n goeie tyd van 23 minute 14 sekondes gewen – sy eerste oorwinning na 249 parkruns. Chrishane Fortuin was tweede met sy tyd van 25 minute met Graeme Plaatjies derde, 'n enkele sekonde agter Fortuin.
'n Besoeker, Eileen Griffiths van die Northwich Running Club in die Verenigde Koninkryk, wat saam met haar man, Chris, deelgeneem het, was algeheel sewende en die eerste vrou oor die wenstreep.
Die egpaar het onderskeidelik al 332 en 331 parkruns agter die rug.
Die vinnigste van die 30 deelnemers:
- Pieter Fourie (25:47)
- Steven Dai (28:19)
- Albertus Kennedy (28:33)
- Chris Griffiths (30:22)
- Eileen Griffiths (32:14)
- Henry Pinkham (33:06)
- Louise Botha (33:16)
‘n Besoeker, Eileen Griffiths (regs) van die Northwich Running Club in die Verenigde Koninkryk, wat saam met haar man, Chris, deelgeneem het, was algeheel sewende en die eerste vrou oor die wenstreep. Foto: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Karoo nuus'