OUDTSHOORN SPORTNUUS - Van die 55 deelnemers wat aan verlede Saterdag se 308ste Oudtshoorn -parkrun by die Surval-olyflandgoed deelgeneem het, was dit Christo du Plessis wat met 'n tyd van 20 minute 29 sekondes eerste by die eindpunt was.
Bianca Malan was met 'n tyd van 22 minute en een sekonde derde en Johann Coetzer (23:55) in die derde plek.
Die 14-jarige Alida Geldenhuys wat in die negende plek geëindig het, was die eerste junior.
Saterdag se voorste drawwers
- Christo du Plessis (20:29)
- Bianca Malan (22:01)
- Johann Coetzer (23:55)
- Tarren Jullies (24:55)
- Corli-Maré Griffioen (25:05)
- Hoon Hannes (26:03)
- Carin Kruger (26:16)
- Fanie Olivier (26:49)
- Alida Geldenhuys (27:25)
Bianca Malan in aksie. Foto's: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'