OUDTSHOORN NUUS - Carson Solomons (17) en Amber Saaiman (14) het onlangs 'n goue medalje in die baldans-kategorie by die SA Baldanskampioenskappe in Durban verower.
Hulle het ook 'n bronsmedalje in die latynse dans ingepalm. Albei is tans leerders verbonde aan Langenhoven Gimnasium.
Sukses op hierdie vlak is nie vreemd vir hierdie twee jong dansers nie en het hulle reeds in 2017 en 2016 ook 'n goue- en silwermedalje by die SA's losgedans.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'