SUID-KAAP NUUS - Die jaarlikse Momentum Health Cape Pioneer Trek wat deur Biogen aangebied word sal vanjaar oor 'n splinternuwe roete beslis word.
Dié bergfietswedren sal oor sewe dae (8 tot 14 September) tussen Mosselbaai en Oudtshoorn beslis word.
"Ons wil graag hê dat die deelnemers die Klein-Karoo in al sy glorie moet ervaar vandaar ons keuse om die roetes op afgeleë venues in die natuur aan te bied, het Henco Rademeyr, een van die organiseerders van dié bergfietswedren gesê.
Hierdie wedren bied ook aan mededingende deelnemers 'n kans om in 'n Union Cycliste Internationale (UCI) geregistreerde skofte-wedren deel te neem.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'