TUINROETE DISTRIKSNUUS - Die Eden-pluimbalfederasie het op 26 September buitelug pluimbal in die streek bekendgestel.
Dié sportsoort, bekend as air-badminton, is 'n sport vir oud en jonk en is veral op strande gewild.
Ten spyte van gure weer het spelers en verteenwoordigers van verskeie pluimbalklubs in die Suid-Kaap en Klein-Karoo die dag bygewoon.
Klubs van Stilbaai, Mosselbaai, George en Oudtshoorn asook verteenwoordigers van die Eden-sportraad was teenwoordig.
Die verrigtinge is deur raadslid Niklaas Booysen van Mosselbaai geopen. Daar word beoog om soortgelyke bekendstellings op ander dorpe te hou.
Vir enige navrae en verdere inligting oor air-badminton kan die voorsitter van Eden-pluimbal, Hanlie Alberts, by 082 679 5259 gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'