OUDTSHOORN BASKETBALNUUS - Jonay Baadjies, leerder van Bridgton Sekondêr dryf met die bal in sy span se wedstryd teen George.
Bridgton se o.16-span het goud gewen, terwyl hul ope span silwer die afgelope naweek by die Mosselbaai-sportfees se basketbaltoernooi ingepalm het.
Bongolethu Stars van Oudtshoorn het met die goue medalje in die ope afdeling weggestap.
Basketbalspanne van Dysselsdorp, Mosselbaai, George en twee spanne van Oudtshoorn het aan dié toernooi deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'