OUDTSHOORN NUUS - Marius Booysen van die SANW Black Pool-potspelklub het Sondag 27 Mei se potspelkompetisie by die Wicit Sportkroeg gewen. Hy het Frank Olislager van die Wicit-potspelklub in die finaal met 2-1 gewen.
Dertien spelers het aan die individuele kompetisie deelgeneem.
In die halfeindstryde het Olislager vir Garnett Wicomb met 2-1 gewen, terwyl Booysen vir Ricky Denelle met 2-1 gewen het.
Kwarteindstryde
- Garnett Wicomb (Wicit) wen Manie Opperman (SANW) 2-0.
- Frank Olislager (Wicit) wen Stan Claassen (Wicit) 2-0.
- Marius Booysen (SANW) wen Elroy Wicomb (Wicit) 2-0.
- Ricky Denelle wen Blackie Swartz 2-1.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'