OUDTSHOORN NUUS - Marius Booysen het Saterdag vir die tweede agtereenvolgende maand koning gekraai by die Wicit Sports Pub-potspeltoernooi.
Booysen het Richard Crowe in 'n spannende eindstryd met 3-2 gewen.
In die semi-finale het hy vir Riaan Campher met 2-0 gewen, terwyl Crowe vir Leon Solomons, ook met 2-0 uitgeskakel het.
Die uitslae van die kwarteindstryde is soos volg:
- Marius Booysen wen Stan Claassen 2-0,
- Richard Crowe wen Frank Olislager 2-1,
- Riaan Campher wen Danny Pietersen 2-1 en
- Leon Solomons wen Ricky Denelle 2-0.
Belangstellendes in potspel kan vir Marius Booysen skakel by 076 966 6682.
Van die spelers wat aan Saterdag se potspelkompetisie by Wicit Sports Pub deelgeneem het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'