OUDTSHOORN NUUS - Van die 38 drawwers en stappers wat verlede Saterdag aan die 291ste Oudtshoorn-parkrun deelgeneem het, was Heinrich Boje eerste by die eindpunt met 'n tyd van 22 minute en 26 sekondes.
Elze-Mari Kruger, 'n besoeker, was in die tweede plek gevolg deur Chriske Kruger.
Casper Coetzee het Saterdag sy 50ste-parkrun voltooi.
Saterdag se tien voorste drawwers:
- Heinrich Boje (22:26)
- Elze-Mari Kruger (25:13)
- Chriske Kruger (25:50)
- Yaron Venter (25:51)
- Tarren Julies (25:56)
- Phillip du Plessis (26:50)
- Hoon Hannes (26:56)
- Fanie Olivier (28:40)
- Conrad Jullies (28:41)
- Johann Coetzer (28:46)
Die 17-jarige Graeme Philander (20:50), was die wenner van die vorige week se 290ste Oudtshoorn-parkrun. Van die 47 deelnemers was Sanell Bothma (23:56) tweede en die vrouewenner, met Ernst van Zyl (26:20) derde.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'