OUDTSHOORN NUUS – Heinrich Boje het die 306de Oudtshoorn-parkrun by Surval-olyflandgoed met 'n tyd van 21 minute 43 sekondes gewen.
Ben van Greunen was tweede met sy tyd van 24 minute 57 sekondes en Hansie Louw met 'n tyd van 25 minute 40 sekondes in die derde plek.
Chantal van Greunen was met 'n tyd van 28 minute 27 sekondes die vrouewenner met Nadia Olivier (29:02) die tweede vrou.
Die 14-jarige Jayden de Plessis (28:48) was die eerste junior oor die wenstreep.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'