OUDTSHOORN MUURBALNUUS - Die BigBirds dubbels-muurbaltoernooi het verlede Saterdag by die Oudtshoorn-muurbalklub plaasgevind.
Vanjaar is die derde keer dat hierdie toernooi aangebied word.
Altesaam 14 spanne van verskillende dorpe het deelgeneem. Hierdie spanne het vyf van Oudtshoorn, ses van Graaff-Reinet en drie van Groot-Brakrivier ingesluit.
Graaff-Reinet se muurbalspelers, Dawid en Bethmaree Botha was die algehele wenners van die dag. Danie Jackson en Wilfred Cawood en William en Marisa Bergie (Graaf-Reinet) het onderskeidelik in die tweede en derde plek geeindig.
Dié toernooi is afgesluit met 'n heerlike potjiekos-ete.
Graaff-Reinet se muurbalspelers, Dawid en Bethmaree Botha was die algehele wenners van die dag. Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'