OUDTSHOORN ROLBALNUUS - Die tweede ronde van die gewilde rolbal-sakeliga het Woensdag by die Oudtshoorn-rolbalklub plaasgevind.
Altesaam 38 spanne speel in rondomtalie wedstryde teen mekaar met die wenspan wat op 15 Maart beslis sal word.
Die Oudtshoorn Courant-span het verlede week die boonste plek op die punteleer beklee, maar het vandeesweek met 11-7 teen 'n sterk span van PSP Timbers vasgeval.
PSP beklee ook tans die topposisie op die punteleer, en is tesame met Johnson's Bricks, Laerskool Wesbank en Abattoir van die gedugte span wat in vanjaar se toernooi dopgehou moet word.
Die spanne wat na die tweede rondte die top-10-plekke beklee is:
- PSP Timbers
- Johnson's Bricks
- Laerskool Wesbank
- Abattoir
- Black Security
- Wiel Dokter
- Eljada Kairos
- Oudtshoorn Engineering
- Alert Patrol
- Buffelsdrift.
- Oudtshoorn Courant is tans in die 11de posisie.
Die publiek word hartlik uitgenooi om die spanne by die rolbal-sakeliga elke Woensdag om 18:00 by die Oudtshoorn-rolbalklub te kom ondersteun. Hamburgers word ten bate van die rolbalklub verkoop en die kroeg is oop vir almal.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'