Afrigters van alle sportsoorte wat in die SWD en Suid-Kaap aangebied word, word uitgenooi om op een van die volgende dorpe die padskou-vergadering by te woon:
- Mosselbaai - Woensdag, 3 Oktober in die Mosselbaai Burgersentrum;
- Knysna - Woensdag, 10 Oktober in die Knysna Marathonklubsaal;
- George - Woensdag, 17 Oktober om by King George Protea Hotel;
- Oudtshoorn - Woensdag, 24 Oktober by Pearl of Oudtshoorn Hotel;
- Beaufort-Wes - Woensdag, 31 Oktober in die SAFA Karoo klubhuis.
Tydens die vergaderings sal afrigters oor die werksaamhede van die SWD Sportafrigterskommissie ingelig word en sal die databasis en sy voordele vir afrigters voorgehou word.
Bekendes in SWD-sportafrigting soos Trevor Davis, Rob Holden, Johan Weyers,Vivian Langeveldten en Abrie de Swardt, sal afrigters inlig oor die nuutste tendense in die vestiging van die afrigtersdatabasis en die opleiding van afrigters, asook die professionalisering van die afrigtersberoep.