SUID-KAAP NUUS - Die Momentum Health Attakwas Extreme fietswedren aangebied deur Dryland Event Management, Biogen en Momentum Health, het vroeg vanoggend by Chandelier-plaas in koel weerstoestande weggespring.
In die Extreme wedren sal die deelnemers 121 km moet aflê.
Die wedren sal by Pine Creek Resort in Groot-Brak eindig.
Die 11de Momentum Health Attakwas Half fietswedrenne het ook vanoggend by Pine Creek Resort weggespring waar die deelnemers ook sal eindig.
In hierdie wedren moet die fietsryers 52 km aflê met ongeveer 1 100 m klim.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Suid-Kaap nuus'