OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn se bekende Comrades-atleet, John April, en Anderson Ncube het die afgelope naweek hakskene gewys vir hul teenstanders in die jaarlikse Sox-veldwedloop wat in George en Mosselbaai gehou was.
Bykans 400 atlete van oor die provinsie het aan die drie dag-wedloop deelgeneem.
April het die 30 km op die eerste dag (Saterdag) gewen. Die volgende dag het hy sy sege opgevolg met nog 'n oorwinning in die 20 km. Maandag het hy afgesluit met 'n oorwinning in die 17 km.
Ncube het op sy beurt die Sox sportafdeling (25 km) gewen asook al drie sy wedlope wat oor die drie dae gestrek het.
Anderson Ncube Foto's verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'