OUDTSHOORN SPORTNUUS - Een van Oudtshoorn se voorste atlete, Anderson Ncube, het verlede Saterdag in George hakskene vir sy teenstanders in die Mountain Ultra Trail (MUT) 26 km-wedloop in George gewys.
Anderson was eerste oor die wenstreep in 'n rekordtyd van twee uur, een minuut en 22 sekondes.
Ncube se sege volg nadat hy twee weke gelede ook eerste oor die wenstreep was tydens die 19,5 km-aftand by die Meiringspoort Challenge wat in De Rust gehou is.
Volgens Ncube neem hy vir die afgelope vyf jaar deel aan die MUT-wedloop en is dit die tweede keer dat hy dit kon wen.
"Ek het regtig nie woorde om hierdie gevoel van wen te beskryf nie. Hierdie MUT-wedloop raak net jaarliks moeiliker en om dinge ietwat ongemaklik vanjaar te maak was dit ekstra kouer en nat. Ek dink oor die algemeen het my ervaring die deurslag gegee. Met so 12 km oor het steeds agter die voorloper gehardloop. In hierdie tyd het ek sy strengths en weaknesses geïdentifiseer en het toe net besluit om die voortou te neem; en van daar af het ek uiteindelik gewen."
Ncube se volgende kompeterende wedloop is in September in Stellenbosch waar hy aan die MAXI-wedloop sal deelneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’