OUDTSHOORN NUUSFLITS - Nege leerders van Laerskool Wesbank is in die SWD-tweekampspan opgeneem.
Die span sal op 28 Oktober in Port-Elizabeth aan ‘n interprovinsiale byeenkoms deelneem, sover bekend gaaan SWD, Op, Grens en Vrystaat aan die byeenkoms deelneem.
Learskool Wesbank se verteenwoordigers in die span is Jeanie du Plessis, Jancke Potgieter, Corli-Maré Griffioen, Annamé du Plessis, Mari Terblanché, Ludwig Meyer, Ninke Griffioen, Hanré Jubelius en Kari Griffioen.
SWD-tweekamp sal die volledige span na verwagting vandag bekend maak.
Agter van links: Jeanie du Plessis, Jancke Potgieter, Corli-Maré Griffioen. Middel: Annamé du Plessis, Mari Terblanché, Ludwig Meyer en Ninke Griffioen, Hanré Jubelius, Kari Griffioen. Foto verskaf
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Karoo nuus'