OUDTSHOORN ROLBALNUUS - Ria le Roux (87) het verlede week op jeugdag aan die pret-rolbaldag by Oudtshoorn-rolbalklub deelgeneem en gewys dat sy nog baie murg in haar bene het toe sy die menige mans en dames in die stof laat byt het.
Altesaam 42 spelers het op dié dag deelgeneem.
Volgens die president van die klub, Jan van Niekerk, is Le Roux voorwaar 'n inspirasie vir almal wat lief is vir sport.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'