Verlede naweek het agt Struisie-tweekamp-atlete aan die OP Interprovinsiale byeenkoms in Port Elizabeth deelgeneem en hulle goed van hulle taak gekwyt.
Heidi Stumpf D.19 het silwer in tweekamp en goud in biathlo verower. Jamey le Kay S.17 het ook goed gevaar en brons in twee-kamp en silwer in biathlo ingepalm.
Verskeie ander leerders het ook baie goeie plekke behaal: Amré McCallum(Seuns o.15) 7, Dylan Barnard (Seuns o.17) 7 en 4, Adriaan Coetze (Seuns o.15) 9, Cayla le Kay (Dogters o.15) 11 en 5, Melanie van Biljon (Dogters o.15) 14 en Reinhard Ganzevoort (Seuns o.15) 17.
`n Paar van die skool se krieketspelers is ook by SWD-spanne ingesluit wat tydens die Desember-skoolvakansie aan krieketweke, aangebied deur Krieket Suid-Afrika, sal deelneem.

Van links staan Luther van der Horst en Bjorn-Jay Rossouw wat gekies is vir die o.19-span wat deel sal neem aan die Coca-Cola Khaya Majola Krieketweek. Esjionné Goliath is gekies as onderkaptein van die SWD o.15-span en Eldin Rossouw is gekies vir die o.17-span.