Die werkswinkel is aangebied by die De Jager Sportkomleks op Oudtshoorn.
Saterdag was ook die eerste keer dat `n geleentheid aangebied is by die nuutgeboude kantore en konferensiegeriewe.
Hennie Baartman, president van SWD Rugby het met sy verwelkoming gemeld dat dit `n besonderse geleentheid was vir sport in die Eden-distrik aangesien dit die eerste keer was dat SWD Rugby hande gevat het met ander sportfederasies in die beplanning en aanbieding van die werkswinkel.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
_598566519_tn(2).jpg)
Van links staan Jacques du Toit, biokinetikus by die Instituut vir Sportwetenskap in Kaapstad, Pieter Breytenbach, lektor by ETA, George kampus, Abrie de Swardt, lektor in menslike bewegingskunde aan NMMU George kampus en bestuurder van die SWD Sportakademie, Johann Lerm, bestuurder van die SWD Rugbyakademie en Martin de Vos, ontwikkelingsbeampte by SWD Rugby. Foto: Jacques Swart
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'