OUDTSHOORN SPORTNUUS - Meggan Jordaan was Saterdag met haar 50ste parkrun die vrouewenner van die 316de Oudtshoorn-parkrun by Surval-olyflandgoed met 'n tyd van 30 minute 23 sekondes. 'n Besoeker, Grant Watson, was die manswenner met 'n tyd van 21 minute en 29 sekondes.
Die 10-jarige Rouselle van Dyk wat algeheel tiende oor die eindstreep was, was die eerste junior van die dag se 34 drawwers en stappers wat deelgeneem het.
Die voorste tien deelnemers was:
- Grant Watson (21: 29)
- Jakob Van Rouendal Smit (23:59)
- Rory Hodgkinson (25:07)
- Rassie Bruwer (26:14)
- Heiner Campher (27:15)
- Alexandre Barruiere Izard (28:07)
- Meggan Jordaan (30:23)
- Jared Jordaan (30:24)
- Alet Vorster (37:16)
'n Besoeker, Grant Watson, was die manswenner.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'