Hierdie rekordtyd is opgestel deur Jean Biermans, die eerste solo mansryer om verlede naweek se moordende 36One Bergfietsuitdaagren te voltooi.
Ryers het Vrydagaand om 18:00 by die plaaslike Kleinplasie-vakansieplaas wegespring om deurnag op die pedale te dans en moeilike terrein te trotseer.
Biermans se prestasie is selfs meer merkwaardig as in ag geneem word dat hy as gestremde ryer deelneem.
Hannele Steyn was die eerste solo vrou oor die wenstreep in `n tyd van 17:28:57. Darren Lill en Charles Keey (12:25:18) was die eerste mans aflosspan en Neil Ungerer en Yolandé De Villiers (13:38:51) die eerste gemengde aflosspan.

Team Changing Diabetes se Quintin Myburgh en Jacques van Staden was tweede in die tweeman aflosren wat gewen is deur die Cannondale Blend Powered By Red-E-span van Darren Lill en Charles Keey. Neil Ungerer en Yolandé de Villiers was die wenners van die gemengde alfosren. Foto's: Oakpics
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'