Die kompetisie is aangebied by die De Jager Sportkompleks. Die groep se medaljes sluit 13 goud, 9 silwer en 11 brons in.
Die klub het ook wenners opgelewer in die senior mans en dames afdelings waar Xavier Prins en Lo-Anne Oosthuizen koning gekraai het.
Alle karatekas wat medaljes kon inpalm, sal in aanmerking kom vir die Eden (SWD) karatespan wat deel sal neem aan die Wes-Kaap alle style karate toernooi van10 tot 11 Oktober op die dorp.
Deelnemers van links: Najimee Stalmeester, Tristan Swiggelaar, JP Byleveld, Terence Crook, Aneshia van Wyngaart, Johanné Botha, Zander-Lee Solomons. Middel: Minaar van Rooyen, Rual Viviers, Dylan Bence, Monique Saayman, Jurie (Gergins) Wagener,Thysie Fourie, Tamlin Prins. Agter: Rainier Prins, Nicole Swiggelaar, Suné Crook, JP le Roux, Jaco Saayman, (klubkaptein), Lo-Anne Oosthuizen (afrigter), Jacques Viviers, Charné Byleveld, Charlotte Wagener, Xavier Prins. Afwesig: Eliose Gouws
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'