OUDTSHOORN NUUS - Dertig spanne van oor die Suid-Kaap het die afgelope Vrydag 15 en Saterdag 16 Junie, aan die Klein Karoo Toyota Trips-rolbaltoernooi op Oudtshoorn deelgeneem.
Die toernooi is deur 'n vrouespan van Knysna, Jeanette Botha, Arlene Bosse en Jamainua Nortje gewen.
Mosselbaai het 'n tweede en Beaufort-Wes 'n derde plek gewen.
Van die vyf Oudtshoorn-spanne wat deelgeneem het, het Marthinus Geldenhuys, Rudie Venter en Willie Visagie die vierde plek ingeneem.
Wenspan: van links is Jeanette Botha, Gertjie Bekker (klubkaptein) Arlene Bosse en Jamainua Nortje.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'