OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit het gisteraand sy jaarlikse sporttoekennings by die banketsaal gehou.
Vanjaar was die 28ste keer wat hierdie toekenningsgeleentheid gehou is. Sowat 250 gaste het dié spoggeleentheid bygewoon.
Louis Visser en Micaela Andrews is onderskeidelik as sportman en sportvrou van die jaar aangewys.
Micaela Andrews. Foto's: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'