OUDTSHOORN SPORT NUUS - Die 28ste Interprovinsiale tweekamp-byeenkoms word Saterdag 2 Februarie by De Jagers-sportstadion aangebied.
Direk nadat die baanitems voltooi is, sal die swem-atlete by die NA Smit-swembad aantree.
Toegang vir die publiek sal gratis wees.
Vanjaar sal die Westelike Provinsie , Boland, Eden, Oostelike Provinsie, Vrystaat, Grens en Griekwas sake uitspook om as tweekamp-kampioene gekroon te word.
Bykans 619 atlete het reeds ingeskryf vir Saterdag se tweekamp-byeenkoms in vergelyking met verlede jaar se 520 atlete wat deelgeneem het; 'n groeipersentasie van ongeveer 30%. Verlede jaar is sowat agt byeenkomsrekords en twee SA rekords opgestel.
Anroux Marais (Weskaapse minister van sport), Blackie Swart, (President van SA Tweekamp), Johan en Viljee Keller (eienaars van Highgate volstruisplaas) en Noluthando Mwati (onderburgermeester) sal van die eregaste by dié sportbyeenkoms wees.
Van Suid-Afrika se top tweekamp-atlete wat mekaar weer gaan aandurf vanjaar is Mike Forbes, Johan Windt, Tanya Osborne, Herman Spangenberg, Walter Lutsch, Pieter van der Mescht, Denise de Jongh, Jada Coetzee en Mathew Seabrook,
Die prysuitdelingsfunksie sal Saterdagaand om 19h00 by Highgate Volstruis-vertoonplaas plaasvind.
Tweekamp swem-atlete sal direk na die baanitems by NA Smit-swembad aantree.'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'