OUDTSHOORN NUUS - Elf lede van die OGKK-karateklub het Saterdag 19 Mei aan die OGKK-nasionale toernooi op Stellenbosch deelgeneem.
Hulle het 19 medaljes (ses goud, sewe silwer en ses brons) gewen.
Die karateka's is voor, van links:
Henlo Beneke, Divan Rademeyer en Wayde le Roux. Middel: Jaden Booysen, Chané du Preez, Najimee Stalmeester en Querin Veldman. Agter: Rual Viviers, Suné Crook, Lo-Anne Oosthuizen (afrigter), Jaco Saayman en Liam Hanselaar.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'