OUDTSHOORN NUUS - Slegs vyftien drawwers, waaronder nege besoekers, het verlede Saterdag se eendeweer trotseer om die 264ste Oudtshoorn-parkrun by die Surval-olyflandgoed aan te durf.
Bruce Maboza van Swellendam het ten spyte van die nat en glyerige baan die 5 km in 'n haastige 19 minute 3 sekondes afgeblits.
Christo Swanepoel van Oudtshoorn was tweede met sy tyd van 20 minute 57 sekondes met nog 'n Swellendammer, Redowaan Mert, wat derde was met sy tyd van 21 minute 48 sekondes. Karen Styles, ook 'n besoeker, was die eerste vrou oor die eindstreep.
Die toptien deelnemers:
- Bruce Maboza (19:03)
- Christo du Plessis (20:57)
- Redowaan Mert (21:48)
- Aphiwe Ndukumbini (24:07)
- Brian Jullies (28:44)
- Geepee Smith (29:18)
- Schalk Cloete (31:27)
- Karen Styles (32:45)
- Maurice Wicomb (42:04)
- Pamela Marlow (42:27).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'