OUDTSHOORN NUUS - Altesaam 15 hokkiespanne het die naweek deelgeneem aan die Binnenshuise hokkietoernooi wat by die De Jager-sportkompleks aangebied is.
Langenhoven Gimnasium het vyf spanne ingeskryf, Hoërskool Oudtshoorn twee spanne, Boys High vier spanne, Volkskool van Graaff Reinet twee meisiespanne, Knysna een span terwyl York High en Hoërskool Outeniqua twee spanne wat saamgespeel het.
Binnenshuise hokkie is ’n vinnige en intense spel met ’n kleiner baan en minder spelers wat beteken spelers kry min kans om asem te haal, dit vra vinnige denke, goeie kommunikasie en natuurlik spanwerk.
Langenhoven Gimnasium uitslae:
Meisies o. 18 (goud)
Seuns o. 18 (4de)
Seuns o. 16 (6de)
Meisies o. 16 (4de)
o. 18 tweede span (5de)
Ander uitslae:
o. 19 groep: Twee leerders van die Van Reede Skool en ses leerders van Hoërskool Oudtshoorn het saamgespeel en sesde plek gekry.
o. 16 groep: Agt leerders van Hoërskool Oudtshoorn het deelgeneem met drie nuwe spelers. Die span het ’n sesde plek behaal.
Prestasies:
NJ Oktober is aangewys as die ontwikkelingspeler van die toernooi.
Ova Mphuting (Van Reede) kry die prestasie vir tweede beste doelwagter (hy het vir beide spanne gespeel).
Die twee groepe het saam die trofee vir die span van die toernooi gekry.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’