OUDTSHOORN NUUS - Chloé Malgas-Kelpin het Saterdag 15 Julie se individuele Stableford-gholfdag met 47 punte gewen.
Pieter Nel (41), Stefan Pieterse 40), Salie Oosthuizen (40), Riaan Nortjé (39) en JW Neethling (39) het die tweede tot vyfde plekke ingeneem.
Nel en Rudi Mortlock het die boerpot gewen en Terry van Coller het op die 12de bof die bal die naaste aan die putjie geslaan. Nel het ook 'n spog tweehou op die derde putjie aangeteken.
Woensdag 19 Julie het Van Coller en Fanie Greeff die gekombineerde Stableford-dag met 73 punte gewen. In die tweede plek was Anton Kok en Annaline Badenhorst (70). Garth Matthews en William Malgas (69) was derde, met Paul Stroebel en Hannes Oosthuizen (68) vierde.
Gideon Badenhorst, Ronel Huisamen, Makka Swart en LS Pretorius het die boerpot gedeel.
Op die 15de putjie het Ockie Horowitz die bal die naaste aan die putjie geslaan. Francois Verwey en William Malgas het onderskeidelik op die vyfde en derde putjie spog tweehoue aangeteken.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'