OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Heinrich Frylinck en Tertius Bothma het Saterdag by die Oudtshoorn-gholfbaan die Oudtshoorn Vaardigheidskool se eerste gholfdag in diè skool se geskiedenis met 'n telling van 48 punte gewen.
Die gholfdag, wat wyd ondersteun is deur die sake-gemeenskap en gholfspelers, was geborg deur Turnberry Hotel.
Altesaam 14 spanne (4 per span) het aan dié 4BBB-Stableford gholftoernooi deelgeneem. Josh Landman en Henry Calitz was in die tweede plek gevolg deur Francois Verwey en FJ Pretorius wat in die derde plek klaar gemaak het.
Op die 15de putjie het Garth Matthews die naaste aan die pen geslaan, terwyl Tertius Bothma op die 8ste putjie dieselfde vermag het. Die prys vir die meeste gholf gespeel asook beste spangees is gewen deur Overberg Wealth and Risk Management wat vanaf Bredasdorp en Kaapstad kom deelneem het.
Van links is Gavin Block (Oudtshoorn Vaardigheidskool se hoof), Heinrich Frylinck, Tertius Bothma (wenners) en Neil Els (Turnberry Hotel) Foto: Wyndham Ewerts
Gavin Block, Oudtshoorn Vaardigheidskool se hoof, het tydens die prysuitdeling al die rolspelers bedank vir hul bydrae om die skool se eerste gholfdag 'n sukses te maak.
Hy het voorts ook beloof dat alle gholfspelers in die toekoms kan uitsien na gholftoernooie wat deur die Oudtshoorn Vaardigheidskool aangebied word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'