OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Die Timbercity Ostrich Classic se We Pay You Play-gholfdag het Saterdag by die Oudsthoorn-gholfklub plaasgevind. Die gholfdag word jaarliks deur Timbercity aangebied. Inskrywings vir die gholfdag was gratis en die spelers is ook na die prysuitdeling met 'n braai-ete onthaal.
Desmond Malgas en Chloè Malgas-Kelpin met hul finale telling van 48 het vanjaar met die louere weggestap en het elkeen 'n werksbank ter waarde van R1 650 gewen.
Deon Barnard en Marius Wilken was tweede met 47 punte en Louis Fourie en Hein Jonker derde ook met 47 punte.
Shaun Westraad, koördineerder van die gholfdag en werknemer van Timbercity, het al die verskaffers bedank en die dag as baie suksesvol beskryf.
André van Greunen, die eienaar van Timbercity, is al dekades 'n lid van die Oudtshoorn-gholfklub en het self die dag se gholf geniet.
Die twee wenners van die Timbercity Ostrich Classic, Desmond Malgas (links) en sy kleindogter Chloe Malgas-Kelpin saam met Petro Westraad en Tessa van Greunen (Timbercity) en Paul Stroebel (Oudts-hoorn gholfklub). Foto: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'