Die bekende Anriëtte Schoeman, reeds sesmalige wenner van die Pick n Pay Argus, het spesiaal van Australië teruggekeer om aan hierdie wedren op Oudtshoorn deel te neem.
Onder die vroue was dit `n strawwe resies met die tye van Schoeman en Fienie Barnard in die tweede plek, wat met `n enkele sekonde verskil het. Schoeman het die wenstreep in 2:51:42 oorgesteek, ses minute voor Lindi Dorfling in die derde plek (2:57:42). Schoeman het groot agting vir die Oudtshoornse fietsren wat ook `n kwalifiserende wedren vir die Pick n Pay Argus is. Ook David Bellairs, hoof uitvoerende beampte van die Kaapstadse Fietstoer Trust het lof gehad en na die wedren verwys as die beste transformasie- en ontwikkelingsren onder die Cape Argus-vaandel.
President van SWD-fietsry, Corné Bence, het aan Oudtshoorn Courant vertel dat vanjaar se wedren weereens groei getoon het met 530 inskrywings, uitsluitende die professionele spanne asook 35 ontwikkelings- en transformasieryers van Willowmore. Die beskermheer van weermag fietsry, genl. Tim Dlulani, was ook beïndruk en beoog om voortaan ook die top weermag fietsryers te laat deelneem.
Uitslae 106 km
Mans: 1) Shaun Ward (2:38:35); 2) Theunis van der Bank (2:44:01); 3) David Garret (2:44:03); 4) Anton Wynand (2:44:18); 5) Danzil Afrika (2:44:20); 6) Evan Carstens (2:44:36); 7) Kyle Donachie (2:44:37); 8) Matthys Beukes (2:44:37); 9) Gerrit Nel (2:44:37); 10) Josh Papworth (2:44:38)
Vroue: 1) Anriette Schoeman (2:51:42); 2) Fienie Barnard (2:51:43); 3) Lindi Dorfling (2:57:42); 4) Sandra Brooke (3:09:50); 5) Mikayla Olivier (3:15:03); 6) Bridget O' Meara (3:25:26); 7) Lizelle Cloete (3:25:29); 8) Shirley Schmidt (3:31:04); 9) Jacqui O' Connell (3:31:07); 10) Elise Swanepoel (3:36:12)
57 km
Mans: 1) C. Odendaal (1:38:06); 2) Jason Rossouw (1:38:08); 3) Hein du Plessis (1:42:29); 4) Louis Visser (1:47:33); 5) H. Degenaar (1:52:11); 6) J. Botha (1:58:30); 7) Kevin Martin (1:58:36); 8) Marius Wolmarans (2:02:29); 9) Anchis Snyman (2:08:40); 10) Bob Dudley (2:09:42)
Vroue: 1) Shannique Loggerenberg (1:48:22); 2) Liesl Marais (1:58:30); 3) Reanda Vos (1:58:32); 4) Virna Jacobs (1:58:32); 5) Vicky Meyer (2:08:41); 6) Cherry Viljoen (2:13:04); 7) Ursula Lindgens (2:14:37); 8) Marietjie Basson (2:44:09); 9) Elize Gous (2:57:44); 10) Liezel Latsky (2:57:44)
30 km: 1) Kerrighan Arries (0:52:14); 2) Corné Serfontein (0:54:35); 3) Gerard Zon-dagh (0:56:22); 4) Craig Zondagh (1:00:12)
Volledige uitslae by www.racetec.co.za

Shaun Ward, voor links, was die manswenner met Theunis van der Bank in die tweede plek en David Garret (regs) in die derde plek. Foto: Jacques Swart
ARTIKEL: JACQUES SWART, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS