OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Patrick Wagenaar en William Jansen het verlede Vrydag die Oudtshoorn Rotariërs se gholfdag met 'n telling van 51 punte gewen.
Andrè Plaatjies en Riel Dassel was gesamentlik met Christiaan Smit en Luke Jonker in die tweede plek met 49 punte.
Niel Perks (3de putjie), Pieter Strauss (agste putjie), Adriaan Cupido en Hannes Oosthuizen op die 15de putjie was die spelers wat die naaste aan die penne geslaan het.
Andrè van Greunen van die Oudtshoorn Rotariërs het in sy toespraak aangedui dat opbrengs van die dag vir gemeenskapsprojekte aangewend sal word.
Jean Neethling probeer om 'n voëltjie aan te teken.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'