OUDTSHOORN NUUS - Lollies van Rensburg het laas Maandag, op Werkersdag, die Oudtshoorn-gholfklub se klubkampioenskappe met 'n bruto-telling van 149 punte gewen.
Altesaam 45 spelers wat vroue en kinders insluit, het afgeslaan op dié dag.
So het die spelers gevaar:
- Naaswenner - Sergio Arries (149)
- Senior - Ockie Horowitz (83)
- Junior - Marthinus Oosthuizen (166)
- Dames - Mariaan Swart (200)
- Skoliere - Mark Jonker (75)
Die wenner (junior) in die Stableford-formaat was deur AJ Swart met 36 punte gewen.
Selwyn Amsterdam was die wenner (senior) met 'n netto-telling van 144 punte.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'