72 spelers het aan die kompetisie met `n 4BBBS-formaat deelgeneem.
In die tweede plek was Morne Tomé en Kevin Linford (49) gevolg deur Salie Oosthuizen en WM Badenhorst (49) in die derde plek. Naaste aan die pen was M Oosthuizen (12), P Swane-poel (8 en 3), L Fourie jnr (15) en S Oosthuizen (18).
36 spelers het aan verlede Woensdag se individuele stableford, `n klubkompetisie by die plaaslike gholfklub, deelgeneem.
C Odendaal (39) was die wenner, gevolg deur W Malgas (38), S van den Heever (37), R Mortlock (36) en P Mooney (36).
Arende is aangeteken deur W Malgas (7 en 16). Naaste aan die pen was J Burger jr. (3).
Spog 2's is aangeteken deur JW Neethling, S Oosthuisen (12), W Malgas (3 en 12) en P Mooney (15).

Hein Gerber in aksie tydens die Tafelronde se gholfdag, verlede Saterdag. Foto's: Xaviera Stevens

Jaco von Molendorff
ARTIKEL: JACQUES SWART, OUDTSHOORN COURANT JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'