OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Anton Theunissen en Ben van Wyk het verlede Woensdag die Oudtshoorn-sakekamer se laaste gholfdag van 2020 met 'n telling van 46 punte gewen.
Johan Schoeman en Lollies Janse van Rensburg het met dieselfde aantal punte op 'n uittel in die tweede plek geëindig.
Okkie Horowitz en Marthinus Oosthuizen was in die derde posisie met 45 punte. Dirk Khun en Celeste Barnard het op die derde en agste putjie onderskeidelik die naaste aan die penne geslaan.
Lollies Janse van Rensburg en M Ferreira was op die 15de die naaste aan die penne.
Gideon Badenhorst, voorsitter van die sakekamer, het tydens sy spreekbeurt die spelers geloof vir hul samewerking tydens die Covid-19-pandemie.
Hy het die borge bedank wat vanjaar die sakekamer se gholfdae moontlik gemaak het en ook die sakekamer se administratiewe bestuurder, Helen Butler, uitgesonder vir al die reëlings gedurende die jaar.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'