OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Anton Theunissen en Selwyn Amsterdam het verlede Woensdag die Oudtshoorn-sakekamer se maandelikse gholfdag by die Oudtshoorn-gholfklub met 47 punte gewen.
Die dag is deur FMZ Cellular (MTN) geborg. Altesaam 56 gholfspelers het deelgeneem.
Morné Greeff en Jurie Neethling was tweede met 46 punte gevolg deur Adrian Cupido en Peter- George Mooney met 45 punte.
Frans Beets en Anton Kock het die pryse vir naaste aan die pen op die 8ste en 12de putjies opgeraap terwyl Mike Broughton R280 losgeslaan het vir sy spogtwee op die 8ste putjie.
In verlede Saterdag se individuele Stableford-klubkompetisie was Louis Stander met 44 punte die dag se wenner.
Die 15-jarige Sergio Arries was tweede met 40 punte met Ronelle Westraadt wat in die derde plek met 39 punte geëindig het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'