OUDTSHOORN GHOLF-NUUS - Die Oudtshoorn-gholfklub se individuele Stableford-gholfdag is Saterdag met ’n telling van 41 punte deur Paul Stroebel gewen.
Altesaam 14 uit 19 spelers het gekwalifiseer vir die vleisdag eindstryd. Clement Rex (39 punte) en Pieter Strauss (36 punte) was onderskeidelik tweede en derde, met Neil Truter wat met 36 punte in die vierde plek geëindig het.
Rex is ook verlede week as 2018 se gholf vleiswenner aangewys nadat hy die beste gemiddelde punte behaal het vir die tien wedstryde wat deur die jaar gespeel is.
Gideon Badenhorst het op die twaalfde putjie die naaste aan die pen geslaan en het ook 'n spogtwee op dieselfde putjie geslaan.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'