OUDTSHOORN GHOLF NUUS - Louis Fourie (senior) het Saterdag 30 Junie se individuele Stableford-gholfdag met 39 punte gewen. Op 'n 39 punt uittel was Desmond Malgas tweede.
Martinus Oosthuizen (34 punte), Anneline Badenhorst (33 punte), Celeste Barnard (33 punte) en Rudi Mortlock (32 punte) het die derde tot sesde plekke losgeslaan. Barnard, Malgas en Fourie het die boerpot gedeel.
Pieter Pretorius het op die agtste putjie die bal die naaste aan die pen geslaan. Op dieselfde putjie spog hy met 'n spog tweehou. Dirk Kühn het op die 12de putjie 'n spog tweehou geslaan.
Woensdag 27 Junie het Ettiene Roos met 39 punte gewen. Colin Swigelaar (38 punte) en Pretorius (37 punte) was onderskeidelik tweede en derde.
NJ van Rensburg, Pretorius, Pieter du Plessis, Gerrit van Rensburg en Pieter Strauss het die boerpot gedeel.
Badenhorst was die naaste aan die pen op die 12de putjie.
Anton Theunissen en Coenie Nel het elk 'n spog tweehou geslaan.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'