OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Rotariërklub bied op Vrydag 3 November 'n 4 Bal Beter Bal Stableford-gholfdag by die Oudtshoorn-gholfklub aan.
Inskrywings fooie beloop R1 000 vir 'n span van vier spelers en putjies kan geborg word teen R500 per putjie.
Om 12:00 sal tee en toebroodjies bedien word en die reëls word om 12:30 verduidelik.
Spel begin om 13:00 met 'n shot gun-afslaan.
Vir enige navrae kan Riaan Nortjé by 083 541 9999 (riaan@timbercityavg.co.za) of Philip Goets by 082 771 5327 (pfgoets@xsinet.co.za) gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'